19 November 2000

Diary

12 jaar, 'n tyd van groei, en sekuriteit. Daarom is dit ook moeilik om weg te gaan. Dit is al wat ek ken, en ek voel ek raak bang vir die onbekende.
My aim is nog steeds is om so gou moontlik skuld af te betaal, en geld spaar om af te tree. Ek wou dit op 30 gedoen het, maar ek sou moes by die huis bly.

Ek is bly ek het weggebreek en my eie lewe begin het. ek sou 'n baie anders lewe gehad het. Ten minste was ek reeds uit die situasie in plaas van om deel te wees van die probleem.

As jy iemand wil waarsku oor iets, doen dit, more is die situasie dalk anders.
As mens nie die lesse leer soos jy aangaan nie, sal jy nie kans he om te verbeter nie.
Ek is dankbaar vir wat ek kon doen in die afgelope 10 jaar. Ek weet ek is nie soekend nie, ek is gelukkig reeds in myself. Ek dink soms ek moet my werksomset verander, maar as ek daarna kyk wonder ek of dit die moeite werd sal wees.

As ek luister na mense wat se dat jy kan jou werk geniet, afhangende van jou persepsie. Kyk na opportunities. Ek is seker ek kan myself uitleef in waar ek nou is. Die volgende 10 jaar is dit iets waarna ek kyk. Ek wil nie sommer net bedank en doen wat jy wil nie, want dit het nie baie geld in nie.

Die toekoms sal die geleentheid uitwys.
Wanneer jy 40 is, wonder ek wat dink jy van toe ek nou 30 is. Wat ek van jou verwag. En ek lag, want ek weet dat jy ook nog by dieselfde plek sal werk!

Ek geniet die lewe, en dit is net amazing om te weet hoe wonderlik die lewe is. Weet jy dit? Is dit nie wonderlik om te dink aan die lewe as iets wat jy nie moet deur gaan nie, maar iets wat jy gekies het om deur te gaan om jou te laat groei.

Iets wat jy gekies het om wie jy is te develope te ontwikkel. Nie te verbeter nie, net te ontwikkel (politically correct). Die lewe is lekker en interesant en ek persoonlik voel dat die lewe nie gewaist moet word nie, en elke dag gee jou opportunity om die lewe vir jou makliker en lekkerder te maak.

Leemte: Ek voel ek is nie 'n goeie leier nie. My deadline storie werk hard aan om na te kom.
Wat ek graag sal wil weet, wat is dit wat jy nou regtig wil leer. Wat dink jy anrie? Wie is jy?

No comments: