22 November 2000

Godsdiens

Mense is somtyds bang om te praat oor Godsdiens. Min mense sien kans om te se waarvoor hulle staan. Mens dink mense glo dat jy moet glo soos hulle glo, maar eintlik het ons elkeeen ons eie geloofsisteem.
Baie maal wanneer jy praat daaroor, is dit 'n bakleiery, in plaas van om daaroor te praat en daardeur te groei
Geloof is gebaseer op iets wat jy nie kan sien nie, en as jy kon weet of sien, sou dit nie meer geloof gewees het nie.
Die balans om in iets te glo, en daarvoor op te staan, maar nie so erg dat mense hulle sal oordeel oor hulle eie geloof nie.
Die balans om 'n standvastige geloof te he, maar ook aan te pas volgens jou ervaringe en hoe jy leer van ander. Niemand weet alles nie. Mekaar onvervinding te deel.

19 November 2000

Diary

12 jaar, 'n tyd van groei, en sekuriteit. Daarom is dit ook moeilik om weg te gaan. Dit is al wat ek ken, en ek voel ek raak bang vir die onbekende.
My aim is nog steeds is om so gou moontlik skuld af te betaal, en geld spaar om af te tree. Ek wou dit op 30 gedoen het, maar ek sou moes by die huis bly.

Ek is bly ek het weggebreek en my eie lewe begin het. ek sou 'n baie anders lewe gehad het. Ten minste was ek reeds uit die situasie in plaas van om deel te wees van die probleem.

As jy iemand wil waarsku oor iets, doen dit, more is die situasie dalk anders.
As mens nie die lesse leer soos jy aangaan nie, sal jy nie kans he om te verbeter nie.
Ek is dankbaar vir wat ek kon doen in die afgelope 10 jaar. Ek weet ek is nie soekend nie, ek is gelukkig reeds in myself. Ek dink soms ek moet my werksomset verander, maar as ek daarna kyk wonder ek of dit die moeite werd sal wees.

As ek luister na mense wat se dat jy kan jou werk geniet, afhangende van jou persepsie. Kyk na opportunities. Ek is seker ek kan myself uitleef in waar ek nou is. Die volgende 10 jaar is dit iets waarna ek kyk. Ek wil nie sommer net bedank en doen wat jy wil nie, want dit het nie baie geld in nie.

Die toekoms sal die geleentheid uitwys.
Wanneer jy 40 is, wonder ek wat dink jy van toe ek nou 30 is. Wat ek van jou verwag. En ek lag, want ek weet dat jy ook nog by dieselfde plek sal werk!

Ek geniet die lewe, en dit is net amazing om te weet hoe wonderlik die lewe is. Weet jy dit? Is dit nie wonderlik om te dink aan die lewe as iets wat jy nie moet deur gaan nie, maar iets wat jy gekies het om deur te gaan om jou te laat groei.

Iets wat jy gekies het om wie jy is te develope te ontwikkel. Nie te verbeter nie, net te ontwikkel (politically correct). Die lewe is lekker en interesant en ek persoonlik voel dat die lewe nie gewaist moet word nie, en elke dag gee jou opportunity om die lewe vir jou makliker en lekkerder te maak.

Leemte: Ek voel ek is nie 'n goeie leier nie. My deadline storie werk hard aan om na te kom.
Wat ek graag sal wil weet, wat is dit wat jy nou regtig wil leer. Wat dink jy anrie? Wie is jy?

18 November 2000

Depressie

Die lewe gaan op en af, soos 'n golf. Dan lig die lewe jou op, en dan slaan hy jou weer plat. Maar een ding is dat jy nooit 'n nuwe moeilikheid kry voordat die huidige moeilikheid nie eers opgelos is nie.

Of as jy twee saam het, is dit omdat jy albei saam kan hanteer, of die een is die ander se antwoord.

Net as een probleem opgelos is, duik 'n nuwe een op. Dit is soos om 'n berg te klim. Die lewe gee jou tog soms ruskansies waar jy kan asem skep.

Een of ander tyd, kom mens op 'n stukkie rand, plato af, waarop jy kan asem skep, en terug kyk.

17 November 2000

Boodskap vir 40

Boodskap vir wanneer ek 40 is:

As jy wil weet wie jy is, dink in terme van 10 jaar , en dit wat dieselfde gebly het, dit is wie jy is.
Ons is nie die emosies wat ons voel deur ons lewens wat bepaal wie ons is, maar wel die persepsie van wie jy is en wat jy van jouself dink.

Hoe beskryf jy jouself vir ander? Niemand anders kan vir jou ontdek wie jy is nie. Jy moet dit self doen.

As jy dan weet wie jy is, hoe dra jy jouself oor? Maar miskien is dit nie nodig om vir iemand te vertel wie jy is nie. Jou doen en late vertel mense wie jy is.

Etiket sorg dat mens nie geevalueer word as 'n ongeskikte persoon nie, maar as 'n ordentlike persoon.

20 was ek deurmekaar, maar jy durf die lewe aan met albei hande. Hoewel ek baie deurmekaar was godsdienslik. Ek weet ek het die waardes van die kerk aangeneem, en ek weet dat sommige mense maar kerk toe kom om gesien toe word.

As jy kerk behoort, gee jy verandwoordelikheid van jou salvation aan iemand anders. As jy nie aan een behoort nie, vat jy self verantwoordelikheid vir jou salvation
Omdat ek die menslikheid erken van die kerk, het ek gevoel ek groei verder as net dit wat die kerk mens kan leer.

Boodskap: Ek wil vir myself se hoe ek nou voel.
Toe ek 20 was, was dinge so nuut, en ek het al die drome gehad van wat kan wees. Nou kan ek kyk na 10 jaar en na myself kyk, ek het 'n vrou en kinders wat ek baie lief het, 'n huis waarin ek wil bly as ek aftree.

Dit is net so amazing om te dink dat mens soveel leer, en hoeveel ek nog gaan leer in hierdie 10 jaar.

Mense wat nie leer nie, is mense wat dood is. Om te leer, beteken om te groei, maar as jy nie groei nie, is jy dood.

Jy kan weer gebore word, maar hoe langer jy dood is, hoe moeiliker is dit om weer te leef.