Boodskap vir wanneer ek 40 is:
As jy wil weet wie jy is, dink in terme van 10 jaar , en dit wat dieselfde gebly het, dit is wie jy is.
Ons is nie die emosies wat ons voel deur ons lewens wat bepaal wie ons is, maar wel die persepsie van wie jy is en wat jy van jouself dink.
Hoe beskryf jy jouself vir ander? Niemand anders kan vir jou ontdek wie jy is nie. Jy moet dit self doen.
As jy dan weet wie jy is, hoe dra jy jouself oor? Maar miskien is dit nie nodig om vir iemand te vertel wie jy is nie. Jou doen en late vertel mense wie jy is.
Etiket sorg dat mens nie geevalueer word as 'n ongeskikte persoon nie, maar as 'n ordentlike persoon.
20 was ek deurmekaar, maar jy durf die lewe aan met albei hande. Hoewel ek baie deurmekaar was godsdienslik. Ek weet ek het die waardes van die kerk aangeneem, en ek weet dat sommige mense maar kerk toe kom om gesien toe word.
As jy kerk behoort, gee jy verandwoordelikheid van jou salvation aan iemand anders. As jy nie aan een behoort nie, vat jy self verantwoordelikheid vir jou salvation
Omdat ek die menslikheid erken van die kerk, het ek gevoel ek groei verder as net dit wat die kerk mens kan leer.
Boodskap: Ek wil vir myself se hoe ek nou voel.
Toe ek 20 was, was dinge so nuut, en ek het al die drome gehad van wat kan wees. Nou kan ek kyk na 10 jaar en na myself kyk, ek het 'n vrou en kinders wat ek baie lief het, 'n huis waarin ek wil bly as ek aftree.
Dit is net so amazing om te dink dat mens soveel leer, en hoeveel ek nog gaan leer in hierdie 10 jaar.
Mense wat nie leer nie, is mense wat dood is. Om te leer, beteken om te groei, maar as jy nie groei nie, is jy dood.
Jy kan weer gebore word, maar hoe langer jy dood is, hoe moeiliker is dit om weer te leef.
No comments:
Post a Comment