22 November 2000

Godsdiens

Mense is somtyds bang om te praat oor Godsdiens. Min mense sien kans om te se waarvoor hulle staan. Mens dink mense glo dat jy moet glo soos hulle glo, maar eintlik het ons elkeeen ons eie geloofsisteem.
Baie maal wanneer jy praat daaroor, is dit 'n bakleiery, in plaas van om daaroor te praat en daardeur te groei
Geloof is gebaseer op iets wat jy nie kan sien nie, en as jy kon weet of sien, sou dit nie meer geloof gewees het nie.
Die balans om in iets te glo, en daarvoor op te staan, maar nie so erg dat mense hulle sal oordeel oor hulle eie geloof nie.
Die balans om 'n standvastige geloof te he, maar ook aan te pas volgens jou ervaringe en hoe jy leer van ander. Niemand weet alles nie. Mekaar onvervinding te deel.