22 September 2006

Karakter

Hi! Hier is 3 woordjies:

• Identiteit
• Persoonlikheid
• Karakter

Wat is wat en waardeur word dit beïnvloed? Word ons met een (of meer) van hulle gebore? Is daar 'n maklike manier om tussen hulle te onderskei?

Wat dink jy?

: )

ll

~~~~

Identiteit
Hierdie het vir my 2 dele:

Social identiteit WAARIN jy gebore word en waar jy tuis voel.
Jy identifiseer jouself deur 'n label op jouself te sit en te vergelyk met ander.
Jy groepeer jouself saam met ander wat soos jy is, en dit gee jou 'n social identity.

Spiritual identiteit is nie net wie jy glo jy is nie maar waarom jy is.
Afhangende van jou filosofie kan jy of indivualisties wees (waar die een belangriker is as die baie) of dualism (waar die een moet lei vir die baie).
Hoe identifiseer jy jouself dan, as deel van ander, of as individu?

Persoonlikheid
Elke mens word met sekere persoonlikheids eienskappe gebore wat jy op besluit het om jou te help om te leer wat jy besluit het om op aarde te kom leer.
maw as jy geduld wil leer, sal jy baie ongeduldig raak totdat jy geleer het om dit te 'beheer' en meer geduld te beoefen.
Dus, dit is die meganisme wat deel is van jou wat jou tool is om te kom doen wat jy veronderstel is om te doen.
Jy kan jou persoonlikeids einskappe vir goed of vir sleg gebruik, dis nou waar karakter inkom.

Karakter
Karakter is gebaseer op die besluite wat jy neem. Se jy wat jy glo, en doen jy wat jy se?
As jy goeie dinge se, maar jy doen dit nie, doen dit afbreek aan jou karakter.
As jy continuously doen wat jy se dan bou dit jou karakter.

Opsomming:
Jy word IN 'n identiteitsgroep gebore, maar dit kan verander indien jy anders daaroor dink.
Jy word MET 'n persoonlikheid gebore, maar jy leer om dit ten goede te gebruik.
Jy word NIE met 'n karakter gebore nie, dit vorm soos jy besluite neem en dit uitvoer.

ab

~~~

Nog iets oor identity wat ek nou onthou het.

In die ou dae, is jy 'n naam gegee wat iets beteken en wat saam met jou gedra word die res van jou lewe.
Die ouer generasies het geglo dat jou naam jou identiteit is sodat ander kan weet wie jy is en waarvoor jy staan.
Hope, Faith, so iets...
Dan kan mens ook se dat 'n identiteit vir jou gegee word deur jou ouers, en mens soms struggle om hierdie identiteit te verander (as mens sou wou)

ab

~~~

Hi! Hier is my definisies (kort en kragtig) vir die bogenoemde.

Identiteit: Dit waarmee jy gebore word. Die bewuswording van "ek". Mens. Deel van die kosmos. Uniek. Het moontlik ook iets met ego te doen.

Persoonlikheid: Die "ek" in vergelyking met ander. Hoe ek reageer op die realiteit om my asook op interaksies met ander.

Karakter: 'n Kombinasie van identiteit en persoonlikheid, soos waargeneem deur ander. Kan positief / opbouend wees, of nie.



Wil nog verder werk hieraan, maar vir eers is dit al.


ll
~~~

No comments: